In Graad R wil ons graag u kind blootstel aan die atmosfeer en funksionering van die “groot skool” sonder om formele onderrig te gee.
7:00—8:10 | Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite |
8:10 | Ons groet mekaar Oor die Bybel en die lewe Tafelbespreking Wetenskap Persepsie |
8:30 | Skeppende aktiwiteite of kreatiwiteitsperiode
|
10:00 | Opruim Toiletroetine Versies en Rympies |
10:15 | Verversings |
11:00 | ‘n Rondomtalie periode wat wissel tussen die volgende: Noord-Sotho, Engels (Thrass-program), Klasmusiek en Audibloks. |
11:30 | Vryspel/ Fantasie/ Groepspele Opruim |
12:00 | Ontwikkelingspele of musiek: Slagorkes, gehoordiskriminasie, genotbelewing, musiekbeluistering, musiek en beweging |
12:30 | Storietyd en/of Poppekas: Vir die ontwikkeling van taal en geheue, kennisuitbreiding, genotsbelewing en rustige afsluiting. |
Die Skoolgereedmakingsprogram word ook in hierdie ouderdomsgroep gefassiliteer.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
Ons model is gerig op die optimale ontwikkeling van kinders se selfbeeld en positiewe dissipline. Daarvoor word hulle in ‘n vennootskap met hulle ouers op ‘n unieke en gepaste wyse in hulle vormingsjare hanteer.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency