Daar word jaarliks ’n konsert op die planke gebring. Die konserte vind plaas in ’n siklus van 3 jaar.
Jaar 1 – Kleuterskool
Jaar 2 – Grondslagfase
Jaar 3 – Intersenfase
Ons glo in welsprekendheid, omdat dit ’n vaardigheid is vir die toekoms.
Intern Grondslagfase: Praat-jou-taal-aand
Intern Intersenfase: Kekkelbekke, Speech festival. Ons neem deel aan ATKV, Podiumpret, Kansvatters, Kungwini Eisteddfod en Radikale redenaars.
Graad 4-7 moet ’n oudisie slaag om in hierdie sanggroep te sing. Daar word voortgebou op vaardighede wat in die Junior koor aangeleer is. Hierdie is vir die kinders ’n heerlike aktiwiteit.
In 2022 neem die skool vir die eerste keer deel aan die ATKV-tjokkertoneelkompetisie. Groot opgewondenheid heers oor die 20 min-toneelstuk wat op die planke gebring word.
In 2022 bied Die Krans hierdie kompetisie vir die eerste keer aan. Leerders kan enige item inskryf om deel te wees van hierdie pret.
Hierdie heerlike spogmiddag is deel van die Kungwini Eisteddfod. Dapper kleutermaats kan individueel of in groepsverband spog met hulle talente.
Graad R- en 1-maats is deel van die Junior revue. Graad 2 tot 7 neem deel aan die Senior revue.
Oefeninge vind weekliks plaas. Hierdie ritmiese-dans-en-sing-aktiwiteit is van onskatbare waarde.
Graad R- tot 3-leerders kan in die Junior koor sing. Geen oudisies word gehou nie. Die koor is pret en basiese koordissipline en sangvaardighede word aangeleer.
Die skool het jaarliks kultuuraande waar leerders wat buitemuurse afrigting kry, kan spog met hulle talente. Dit sluit in:
Die skool vat jaarliks hande met die Kungwini Eisteddfod. Hier kry leerders kans om aan verskeie items deel te neem:
Graad R- tot 3-leerders doen weekliks kuns in die klas. Die klasonderwyseres fasiliteer hierdie kunswerke.
In Graad 4-7 is daar ’n kunstenares-juffrou wat kuns tot hoër hoogtes neem. Die Krans spog vanjaar met ons eie kunsgalery.
Ons skool het ’n robotikaklub wat na skool bymekaarkom (teen ’n ekstra koste).
Tydens hierdie sessies leer Graad 1- tot 7-leerders om praktiese probleme op te los.
Ons Graad 4- tot 7-leerders neem aan verskeie kompetisies dwarsdeur die jaar deel.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency