Inrig van dagprogram
Daar word elke dag ‘n hoofaktiwiteit aangebied wat verband hou met die tema van die week. By-aktiwiteite word ook tot die kinders se beskikking gestel. Dit is die kinders se eie keuse om aan die by-aktiwiteite deel te neem of nie. Sepediklasse en ’n besoek aan die mediasentrum word ook weekliks gedoen.
7:00 – 9:00 | Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite die klas |
9:00 | Groet, nuustyd, bybelstorie, samesang |
9:30 | Toiletroetine |
9:45 | Tafelbespreking, liedjies/versies, skeppende aktiwiteit |
10:30 | Verversings |
11:00 | Vryspel |
12:00 | Storietyd/ontwikkelingspele/musiek en beweging |
12:30 | Vryspel |
Aan die einde van die eerste kwartaal, word daar ‘n evalueringsbriefie uitgegee, om u in te lig oor die aanpassing, gedrag, sosialisering en gesindheid van u kind in die skool. Die tweede kwartaal se verslag is ‘n waarnemingsverslag waarin u sal agterkom hoe u kind sy/ haar tyd by die skool verwyl: wat hy/ sy geniet of nie geniet nie en watter vaardighede al bemeester is. Aan die einde van die vierde kwartaal word daar verslag gelewer oor die vordering wat u kind by die skool gemaak het.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency