Kaalvoetkinders kom laggend die skoolterrein ingestap, gereed vir ’nuwe skooldag van ontdek, ervaar en geniet. Hierdie plaasskooltjie in die stad, Laerskool Die Krans en Kransjakkers, is waar kinders, personeel en ouers deel voel en ’n tuiste vind.
kinders weer kinders wees,
elke kind geken voel,
elke kind geliefd en geborge voel,
kinders leer deur ervarings en geleenthede
wat geskep word.
Ons streef daarna om vir elke kind die ervaring van ’n tuiste te skep, sodat wanneer daardie voete deur die skoolhekkie instap, daar ’n gevoel heers van “hier voel ek veilig en hier kan ek myself wees.”
By die kleuterskool en grondslagfase spog ons met verskeie klim-en-klouter-apparate met swaaie, asook springmatte. Die kleuterskool het fietsiebane vir die kleuters en peuters om te geniet. Die grondslagfase het verkeie grasareas waarop gespeel word, asook die sintetiese gras wat geniet word gedurende pouses. Die intersenfase het ’n groot grasarea vir die leerders om te geniet, asook ’n boomhuis, springmat, swaaie en handjietennisbane.
Attsport is ons sportterrein waarop ons ons senior sport beoefen, wat bestaan uit vier rugby-/hokkievelde, twee krieketblaaie en vyf netbalbane.
Adminhuis: Opstal
Janetta se kantoor: Windpomp
Personeelkamer: Parskuip
Kantoor: Opgaardam
Koffiehoekie: Padstal
Naskoollokaal: Afsaal
Kleuterskool: Algemeen – Aanleg
Peuters – Kuikenkuip
Kleuters – Lammerkamp
Gangetjie na grondslagfase: Drukgang
Grondslagfase: Kweekhuis
Media: Hooimied
Wilgelaan: Oorloop
Intersen: Algemeen – Bokkekamp
Huis 6: Saal: Skuur
Huis 6: Ondersteuningsklasse: Sinkhuisie
Huis 6: Intersen-kantoor: Kelder
Intersen-vergaderlokaal: Solder
Huis 5 (middel by intersen): Boma
Intersen-snoepie: Heuningpot
Konsertstoor: Pakhuis
Huis 4 (boonste intersen): Piek
Badkamers: Kleinhuisie
Sportveld: Weiveld
Kinderkinetika is ’n spesialiteitsgebied wat fokus op pediatriese grootmotoriese ontwikkelings- en stimulasieprogramme, wat op grond van wetenskaplike evaluasies uitgewerk word. Die programme word volgens die leerder se ontwikkelingsvlak en behoeftes gestruktureer en beplan. Kinderkinetika fokus op die totaliteitsontwikkeling van elke leerder.
Alhoewel kinderkinetika hoofsaaklik fokus op motoriese ontwikkeling, dien beweging as vertrekpunt om op die einde die totaliteitsontwikkeling van die kind te verseker. Dus werk ’n kinderkinetikus ontwikkelend, stimulerend, asook remediërend met kinders tussen die ouderdom van 0-13 jaar. Kinderkinetika bied kinders die geleentheid om te leer deur te speel. Vanuit ’n gesondheidsperspektief word gelukkige, gesonde en goed ontwikkelde kinders as die einddoel nagestreef.
Liewe naskool-ouer, U kind is ons eerste prioriteit en sy/haar geluk lê ons na aan die hart. Ons streef daarna om u kind tuis te laat voel en in ’n huislike en liefdevolle omgewing te omvou. Ouers se geluk en tevredenheid is vir ons ’n hoë prioriteit en daarom is ek enige tyd beskikbaar vir enige navrae, probleme, voorstelle of net om te gesels. Ons is vir elke kind die huis weg van die huis.
Ouers moet asseblief laat weet as ’n kind by ’n maatjie gaan speel, deur ouers vroeg afgehaal gaan word of nie die naskool gaan bywoon nie.
Sien ons inskrywingsvorm vir meer inligting.
Ons verwelkom enige voorstelle wat ons naskool kan bevoordeel en ons vertrou dat die positiewe gevoel wat tans oor die naskool heers, sal bly voorbestaan en selfs verbeter.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency