Die krimpvarkies is ons tweede jongste groepie. Hoewel daar ook elke dag by ‘n program gehou word met ‘n hoofaktiwiteit wat verband hou met die tema van die week, word dit op ‘n baie informele wyse gedoen. Dit vat soms langer as een dag om die aktiwiteit te voltooi omdat dit so speel-speel afgehandel word. Ons kom ook soos die groter kinders bymekaar vir nuustyd en Bybelstorie en saamsing. Hulle doen dit egter ‘n bietjie meer georganiseerd as ons. Die klassie se getalle word beperk om te verseker dat elke outjie sy regmatige aandag van die Juffie kry.
7:00 – 9:00 | Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite die klas. |
8:00 – 8:30 | ‘n Happie pap |
9:00 | Groet, nuustyd, bybelstorie en samesang |
9:30 | Toiletroetine |
9:45 | Tafelbespreking, liedjies/ versies, skeppende aktiwiteit, verversings |
11:00 | Vryspel |
12:00 | Storietyd/ ontwikkelingspele/ musiek en beweging |
12:30 – 13:30 | Vryspel en rus op ons kombersies totdat mamma my kom haal |
In die tweede en vierde kwartaal se verslag word u ingelig oor die aanpassing, gedrag, sosialisering en gesindheid van u kind. Dit is ‘n waarnemingsverslag, waarin u sal agterkom hoe u kind sy/ haar tyd by die skool verwyl asook hoe die toiletroetine vorder en wat hy/ sy geniet, of nie geniet nie.
Ons gesels graag deurlopend met ons ouers oor die vordering van hulle kinders in hierdie groepie. Aan die einde van die eerste kwartaal is daar ‘n briefie wat aandag skenk aan die aanpassing en vordering van die kind.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency