Deur by die kind se totale leefwêreld betrokke te wees word elke individu toegelaat om hom/haarslef uit te leef
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter. Sodoende kan elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk en gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel, waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
Uitnemende Kwaliteit Opvoeding met ’n Uitgesproke Christelike Karakter
Integreer Wetenskap, Tegnologie, Wiskunde en Ingenieurswese
Verskeie Aktiwiteite Vir
Individuele en Massa Deelname
Sportvaardighede as deel van fisiese- en breinontwikkeling
Jaarlikse Interne
Wetenskap Ekspo
Integreer Wetenskap, Tegnologie, Wiskunde en Ingenieurswese
18 Maande
tot 5 Jaar
Read More
Ons Hoof
Ons wil graag hê dat elke kind verrykende jare in hierdie skool sal beleef en daardeur ’n stewige fondament ontwikkel wat in sy/haar hele lewe ’n verskil sal maak.
Die ervarings en belewenisse wat ’n kind het oor sy wêreld gedurende die eerste jare van sy lewe, ongeveer van 1 tot 9, is van kardinale belang. Ek glo dat mens in hierdie tyd besig is om ’n fondasie te grawe van ’n lewenshuis. As die fondasie sterk en stewig is kan mens ’n kasteel daarop bou.
Kinders word in hulle eerste 9 jaar by uitstek gevorm wat morele waardes, selfvertroue, taal- en syfervaardigheid betref.
Ons glo in moedertaalonderrig, met ‘n sterk klem op ‘n tweede en derde taal, veral in die grondslagfase. Taal is onlosmaaklik deel van die kern van identiteit van elke mens.
Ons model is gerig op die optimale ontwikkeling van kinders se selfbeeld en positiewe dissipline.
In beide fases word onderrig innoverend, met praktiese hulpmiddels en “smartboard”- tegnologie gedoen.
Ons leerlinge word baie blootgestel aan optredes voor gehore, neem deel aan die nasionale Wetenskap Expo.
In Graad 4 word leerders gemaklik, dmv ‘n praktiese en bereikbare wyse aan die nuwe fase bekendgestel.
Oor Ons
Kinders wat lewenslank sal wil leer en ondek terwyl gesonde waardes hulle rig om in harmonie met ander in ‘n betekenisvolle omgewing te lee.
Kontak Ons
ONS ONDERWYSERS
Kransjakkers
Graad RR & R
Gr 1 Geelbekwoue
Gr 4 Duikers
2022 Nuus
Weens reën kon ons graad3s van 2021 nie hulle tradisie om oor die skool se dak te klim doen nie. Gelukkig kon hulle vanoggend voor hulle graad4 jaar amptelik afskop die geleentheid kry om hulle spreekwoordelike vlerke te sprei.
Geniet julle graad 4 jaar en 1ste jaar by die intersen/bokkekamp!
Baie welkom terug aan “ou” en nuwe ouers en leerders van laerskool Die Krans en Kransjakkers! Mag dit ‘n geseënde jaar vir julle by Die Krans wees!
Ons is opgewonde oor die jaar en ons tema van “saam met die reën kom die reënboog”! Mag almal deur die jaar die beloftes van God ontdek en met vertroue die jaar aanpak!
Welkom terug en dankie vir al die voorbereiding wat julle alreeds gedoen het!
Baie baie welkom aan 6 nuwe personeellede by Die Krans! Mag julle tyd by Die Krans geseënd wees.
Ons bied uitnemende kwaliteit opvoeding met ’n uitgesproke Christelike karakter sodat elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.
Ons model is gerig op die optimale ontwikkeling van kinders se selfbeeld en positiewe dissipline. Daarvoor word hulle in ‘n vennootskap met hulle ouers op ‘n unieke en gepaste wyse in hulle vormingsjare hanteer.
©2022 Laerskool Die Krans En Kransjakkers. Made with love Blackdog Design Agency